Christoffel II van Denemarke

Christoffel II
Koning van Denemarke
Die seël van Christoffel II.
Die seël van Christoffel II.
Periode 1320–1326, 1329–1332
Voorganger Erik VI
Opvolger Waldemar III
Huis Estridsen
Vrou Euphemia van Pommere
Kinders Margrete
Erik
Otto
Agnes
Heilwig
Waldemar
Vader Erik V
Moeder Agnes van Brandenburg
Gebore 29 September 1276
Oorlede 2 Augustus 1332

Christoffel II (29 September 12762 Augustus 1332) was van 1320 tot 1326 koning van Denemarke en weer van 1329 tot met sy dood. Hy was die seun van Erik V. Sy naam word verbind met nasionale rampspoed, want sy bewind het geëindig met die feitlike ontbinding van die Deense staat.

As die broer van koning Erik VI was Christoffel ’n moontlike troonopvolger. As jong man met die titel Hertog van Estland het hy sy broer se beleid ondersteun. Later het hy egter by die opposisie aangesluit en met Erik se dood in 1319 in ballingskap gaan woon.


Developed by StudentB